Pharos Gemeenskap Sentrum | NWO Registrasie no: 068-688-NPO | OWO Vrystellingsno: 930 028 547

B-NET

B-Net is ’n ondersteuningsnetwerk vir die ontwikkeling van klein besighede en entrepreneursvaardighede.

 

 

HALFITIME

HALFITIME is ʼn verposing in jou lewe om te reflekteer op:  wat het ek bereik, wie het ek geword, en gaan dit saak maak op die ou einde?  Dit is ook 'n tyd om oogkontak met God te maak en jou unieke opdrag te kry vir die tweede helfte van jou lewe.

HALFITIME bestaan uit  die bywoning van ʼn Inligtingsessie of Seminaar - vir jou om te bepaal of jy in HALFITIME is of nie,  wat dan opgevolg kan word met ʼn HALFITIME reis van een jaar - met 10 Forum sessies (een sessie per maand), saam ʼn klein groep mede-Christene  – om jou toepaslik voor te berei vir die tweede helfte

Lees gerus die HALFITIME boek van Bob  Buford – en besoek:  http://www.halftimesa.co.za/ vir meer inligting

Volgende Seminaar:  Saterdag 27 Oktober 2018.  Besprekings op Quicket

Jy kan ook vir Rudi kontak by: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

 

 

“GEE REG” PROJEK 

Navorsing het bevind dat meer as 90% van straatbedelaars dwelmverslaafdes is. Die “GEE REG” PROJEK stel hulpverleners in staat om hulle bydraes vir straatbedelaars aan te wend waar dit regtig verskil maak – by Pharos Gemeenskapsentrum en Moeggesukkel Rehabilitasiesentrum. Motoriste kan Koepons vir maaltye aankoop en dit aan straatbedelaars by verkeersligte voorsien ipv kontant. Die koepons word dan by dienspunte geruil vir gesonde maaltye. Terselfdertyd word hulle aangemoedig om aan te meld vir hulp.

 

PHAROS GROENTETUIN 

Die groentetuin-projek is `n geleentheid vir die hawelose- en werklose manne om `n vaardigheid aan te leer, eienaarskap te aanvaar vir `n projek en `n inkomste daaruit te verkry. Daardeur word die siklus van armoede deurbreek en hulle effektief betrek by hulle  hulpverleningsproses.

KOSPROJEK

Groot hoeveelhede voedsel word weekliks versprei na behoeftige individue en gesinne. Begunstigdes word noukeurig geëvalueer deur die Maatskaplike Werker.

 

KLEREPROJEK

Groot hoeveelhede klere word weekliks versprei na behoeftige individue en gesinne. Begunstigdes word noukeurig geëvalueer deur die Maatskaplike Werker.

jobs

HAWELOSES EN WERKLOSES

TRUDREAMS (MATRIEKAFSKEID-PROJEK)

Behoeftige matrieks word ondersteun om hulle spesiale aand te kan bywoon en voluit te geniet.

 

KERSDAGPROJEK (“Hamper” vir Haweloses)

jakob-put

JAKOB-SE-PUT

Jakob-se-Put is ’n ondersteuningsnetwerk vir mense “tussen werke”. Persone “tussen werke” vergader op Woensdae om 09h00 by Pharos. Hier ontvang hulle geestelike en emosionele ondersteuning by die Projekspan. Verder word hulle begelei in die soeke na werk en/of die begin van nuwe besighede.

lees

SKRYFBEHOEFTEPROJEK

Pharos verskaf jaarliks nuwe skryfbehoeftes aan behoeftige kinders gedurende Januariemaand. Die kinders word geïdentifiseer deur personeel en maatskaplike werkers van skole in die omgewing, asook deur die plaaslike CMR. Pakkette word aangekoop vir die verskillende grade, sodat die leerders gereed is vir die nuwe skooljaar.

 

charityProfessionele berading en advies, asook evaluasie en intervensie deur ons Maatskaplike Werker

Chics wil verseker dat behoeftige kinders in gesonde en funksionele huishoudings grootword. Gemeenskapsnetwerke word hiervoor gebruik deur “Chics officers” se fasilitering van ’n netwerk tussen kinders, ouers, dagsorgsentrums, kerke, skole en ander belanghebbendes. Deur hierdie proses word rolspelers gelei tot die ontdekking van hulle eie vermoëns en bronne om huishoudings se lewenskwaliteit te verbeter. Pharos ondersteun die Mamelodi-tak van hierdie projek.

Kontak:  Catherine Senyolo: 076 892 0470/Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

 

veggiesProjekte en inisiatiewe tov herwinning, tuinbou, bewaring en besparing